Twee persone by verswaktesorgsentrum doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Riaan van Aswegen Facebook-blad

BLUEWATER BAY, GQEBERHA. – Riaan van Aswegen, die mede-eienaar van ‘n verswaktesorgsentrum in Riversiderylaan en ‘n inwoner wie se naam weerhou word, is in die vroeë oggendure, omstreeks 03:00, deur vermeende huisrowers doodgeskiet.

Die polisie is op soek na drie verdagtes wat toegang tot die sentrum verkry het toe die sitkamervenster glo oopforseer is. Die verdagtes is na bewering onderskeidelik na die mans- en vroue-afdeling van die huis waar ‘n inwoner wat by sy kamer uitgekom het in die kop geskiet is. Hy het op die toneel gesterf.

Van Aswegen, wat glo die skote gehoor het, het ondersoek ingestel, waartydens hy ook in die kop geskiet is toe hy by sy kamer uitkom. Hy het ook gesterf.

Die verdagtes het met vier selfone, juweliersware en twee TV-stelle weggekom.

Die naam van die inwoner wat doodgeskiet is, is nog nie bekend gemaak nie, aangesien naasbestaandes in kennis gestel moet word.

Twee moorde en een huisroofsaak word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word versoek om speurder-kapt. Monde Sithole by 082 457 2812 te bel.

Port Elizabeth Deep Sea Angling het medelye teenoor die afsterwe van Riaan van Aswegen, die mede eienaar van die verswaktesorgsentrum uitgespreek: “On a very sad note, 1 of our club members Riaan van Aswegen was killed this morning in an attempted house robbery. Our sincere condolences to Ruben and family.” R

Riaan van Aswegen word deur sy seun Ruben van Aswegen en dogter Anri van Aswegen oorleef.

Bron: SAPD, Port Elizabeth Deep Sea Angling en Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief