Twee polisiebeamptes sterf in bloedbad, verdagte dood

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Polisiebeamptes en vroue is Saterdagaand op ‘n moordtoneel dood toe die vermeende verdagte glo na die toneel teruggekeer en lukraak begin skiet het.

Brig. Jay Naicker sê drie polisiebeamptes is omstreeks 19:30 in Cliffdale Hammersdale na ‘n misdaadtoneel. Terwyl hulle op die toneel besig was, het ‘n vermeende verdagte teruggekeer en bloot begin skiet. Twee polisiebeamptes van Hammarsdale-polisiestasie en twee bejaarde vroue is noodlottig getref. Die verdagte het daarna van die toneel gevlug.

Inligting van ‘n man wat aan die verdagte se beskrywing voldoen en by ‘n nabygeleë hospitaal mediese versorging kry, is ontvang. Polisiebeamptes het hulle daarheen gehaas en ‘n verdagte (38), hangende verdere ondersoek, aangehou. Naicker sê hy sal moontlik vrygelaat word, na aandag aan sy besering gegee is.

‘n Verdagte, in sy 30’s, se liggaam is vanoggend vroeg in digte bosse naby die misdaadtoneel gekry. Polisiebeamptes het die pad gevolg waarop hy gevlug het en het op die liggaam afgekom. Hy is in die skietery met die polisie gewond en het daarna in die bosse gesterf. ‘n Vuurwapen wat hy glo van een van die polisiebeamptes gevat het, is in sy besit gevind. Die toneel word steeds vir leidrade verwerk.

‘n Derde polisiebeampte is nie tydens die insident beseer nie.

“Dit is inderdaad baie hartseer om misdaadtonele by te woon waar polisiebeamptes doodgeskiet word net omdat hulle op die oproep van diens reageer het. Die vinnige arrestasie van ‘n verdagte in hierdie saak word geprys. Ek wil graag my medelye betuig met die families van ons gevalle helde,” sê lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is net voor 20:00 na die aktiewe misdaadtoneel ontbied. Paramedici moes ongeveer 200 meter na die skiettoneel stap. Op die toneel is ‘n tent vir ‘n beweerde begrafnis aangetref.

“Paramedici is gewys na waar die liggame van drie mense buite die tent was. Twee manlike lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het skietwonde opgedoen en daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar. ‘n Vrou, vermoedelik in haar veertigs, met noodlottige skietwonde, is ook op die toneel dood verklaar.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief