Brekende Nuus
Afrikaans

Twee renosters vir horings afgemaai – polisie soek verdagtes

Twee renosters is vir hulle horings in die Thabazimbi-omgewing doodgemaak.

Foto's: SAPD
Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Twee renosterkarkasse sonder horings is gisteroggend op ‘n plaaslike wildreservaat in die Thabazimbi-omgewing gevind. Die polisie is op soek na die verdagtes.

Volgens kol. Malesela Ledwaba was veldwagters op patrollie toe hulle die afgemaaide renosters ontdek.

Ledwaba sê lt.genl. Thembi Hadebe het die gebruik van alle hulpmiddele beveel om die skuldiges op te spoor.

Die saak word deur die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek. Enigiemand met inligting word versoek om AO Cois van Deventer by 082 872 1741 te bel.