OOS-KAAP. – Konke Nobhokisi (5) en Inikile Mbuyazwe (6) se liggame is Donderdag in Libode in ‘n staaltrommel gevind nadat Konke se suster (20) hulle glo moes opppas.
Koil. Priscilla Naidu sê die ondersoek dui aan die kinders is glo omstreeks 14:00 in die ouer suster se sorg gelaat. Met die terugkeer van Konke se ma het sy glo gevra waar die kinders is, waarna hulle gesoek is. Die kinders is omstreeks 17:00 dood in ‘n staaltrommel aangetref. Hulle was bure van mekaar.
Die omstandighede van hulle afsterwe word ondersoek, alhoewel daar vermoed word die deksel van die trommel het toegegaan toe beide reeds binne-in was.
Genl.maj. Phumzile Cetyana het medelye met die seuns se dood uitgespreek.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
An inquest docket was opened.
“It is in their nature to explore and play, but it is our responsibility as adults to ensure their safety at all times. We implore parents and guardians to review safety measures within their homes, including securing potentially hazardous areas and keeping a watchful eye on children, especially during moments of play,” het die generaal gesê toe sy ouers versoek het om meer oplettend oor die nuuskierigheid en onskuldigheid van kinders te wees.





