Twee soldate van die Suid-Afrikaanse weermag is Dinsdag in ‘n mortieraanval in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo dood. Die SANW-basis in Sake is aangeval.
Die familielede van die afgestorwe soldate is reeds van hul sterfte ingelig. Reëlings word tans getref om hulle oorskot na Suid-Afrika terug te bring.
Nog 20 persone is in die aanval beseer en in die hospitaal opgeneem. Vier persone se beserings is kritiek van aard. Diegene met geringe beserings sal binnekort ontslaan word.
Die soldate wat gesterf het se name sal binnekort bekend gemaak word.

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: