Twee sterf en 79 beseer toe bus rol

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – Twee insittendes van ‘n bus het gesterf en 79 het beserings opgedoen toe ‘n bus Maandagmiddag op die R618 in Kwa Vilakazi gerol het.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die diens het op berig van die ongeluk reageer en ‘n bus wat beheer verloor en gerol het op die ongelukstoneel aangetref. Twee insittendes het noodlottige beserings opgedoen en is dood verklaar.

“Paramedici het vinnig ‘n chaotiese toneel beoordeel en gevind dat agt pasiënte kritieke beserings opgedoen het, nege ernstige beserings en 62 geringe beserings.”

Botha sê die beseerdes is gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na verskeie fasiliteite vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief