Twee sterf en ongeveer 20 beseer in ongeluk

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee passasiers het gesterf en ongeveer 20 het beserings opgedoen toe ‘n bus en ‘n bakkie Sondagaand net voor middernag in Durban in ‘n ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die ongeluk het op die hoek van Stanger- en Somtseunstraat in die middestad gebeur.

“Paramedici het by hul aankoms chaos gevind met die twee voertuie wat op die kruising gebots, van die pad af is en op die sypaadjies tot stilstand gekom het.”

Bykomende hulp, onder andere van die Ethekweni-brandweer, is ingeroep.

“Nadat bystand opgedaag en ‘n triage gedoen is, is vasgestel ongeveer twintig buspassasiers het verskeie beserings opgedoen. Nadat hulle op die toneel gestabiliseer is, is hulle vir verdere sorg na verskeie Durbanse hospitale vervoer.”

Beide insittendes van die bakkie, ‘n man en vrou, vermoedelik in hulle 30’s, het beide aan ernstige beserings gesterf. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD en Metropolisie was teenwoordig en sal verder ondersoek instel.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App