Twee sterf in minibustaxi-ongeluk op N3 naby Ashburton

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee persone het vanoggend gesterf toe ‘n minibustaxi beheer verloor, oor die middelman van ‘n pad gery en teen ‘n aankomende bakkie gebots het. Dit het daarna deur ‘n reling gebars en teen ‘n wal af gerol.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die ongeluk het op die N3-hoofweg, rigting Durban, naby Ashburton gebeur. Die twee passasiers van die minibustaxi is tydens die ongeluk met die impak uit die voertuig geskiet.

“Paramedici het lewensreddende intervensie toegepas, maar die beseerdes se beserings was te ernstig en hulle is op die toneel dood.”

Beide bestuurders van die voertuie het beserings opgedoen en is eers op die toneel behandel, voordat hulle vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale vervoer is.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief