Twee sterf in ongeluk tussen bakkie en taxi

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Twee persone het Dinsdagoggend gesterf en ongeveer 17 is beseer toe ‘n bakkie en ‘n taxi op die R74 by die Doringkop-interseksie naby Stanger in ‘n ongeluk betrokke was.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sĆŖ aan Nuusflits sewe passasiers is ernstig beseer en deur die diens vervoer, terwyl nog nege passasiers deur EMRS vervoer is. Een passasier van die taxi is kritiek beseer en is met ‘n AMS-helikopter na ‘n gepaste fasiliteit in Durban gevlieg. Twee beseerde passasiers is op die toneel dood verklaar.

Beseerdes is gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na verskeie fasiliteite geneem is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief