Twee sterf toe motors hulle op sypaadjie tref

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is op ‘n toneel dood verklaar en ‘n ander het by ‘n hospitaal gesterf, nadat hulle Saterdagmiddag op ‘n sypaadjie getref is toe sowat vyf motors in ‘n botsing betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is net na 12:30 na ‘n ongeluk op die Old Dutchpad waarby ‘n aantal motors betrokke was. Minstens vyf insittendes van die motors het beserings opgedoen. Die ongeluk het by ‘n verkeerssirkel gebeur, waarna van die motors die pad verlaat en in voetgangers ingeploeg het. Meer hulp is dadelik ontbied en ‘n triagesisteem is opgestel. Nadat die eerste man dood verklaar is, is die tweede aan ‘n handventilator gekoppel en na ‘n nabygeleë spesialisfasiliteit gehaas. Hy het egter kort daarna gesterf.

ALS Paramedics het die beseerdes behandel en hulle vir verdere mediese sorg na ‘n nabygeleë Durbanse hospitaal vervoer.

Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief