WES-KAAP. – ‘n Vragmotor wat gevaarlike materiaal vervoer het, het vanoggend vroeg op die N2-hoofweg by die ingang van Knysna omgeslaan en aan die brand geraak.
Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits die polisie is omstreeks 04:20 van die ongeluk met die Hazmat, waartydens ‘n vragmotorbestuurder beheer verloor en die vragmotor van die pad af is, ingelig. Verskeie nooddienste is na die toneel waar twee insittendes dood verklaar is.
‘n Skoonmaakoperasie is begin waartydens beide die bane van die hoofweg aanvanklik as voorsorgmaatreël vir gebruik toegemaak is. Spies het pas bevestig die pad is oop, maar word met tye toegemaak om gevaar te voorkom. Padgebruikers word gevra om geduldig te wees en versigtig te bestuur.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





