Twee sussies in ‘shack’ doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Twee meisies, een (7) ‘n gr. 2-leerder van Primêre Skool Lesedi en haar sussie (4) is Sondag in hulle informele woning in Soshanguve, noord van Pretoria, doodgeskiet.

Steve Mabona, die woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê die tragiese insident het die gemeenskap en die LUR, Matome Chiloane, geskok.

Mabona sê die polisie ondersoek die insident.

Die onderwysdepartement in Gauteng het maatskaplike werkers van die distrik en Childline ter ondersteuning aan die familie en die skool ter beskikking gestel.

“Dit is ‘n verwoestende verlies, en my hart gaan uit na die familie en die hele skoolgemeenskap. Ons doen ‘n beroep op wetstoepassingsagentskappe om oortreders aan te kla. Die veiligheid en welstand van ons leerders is uiters belangrik, en sulke geweldsdade is onaanvaarbaar en moet met die grootste erns aangespreek word,” sê Chiloane.

AO Johan van Dyk sê die polisie het Sondag ‘n klagte van ‘n shack wat in Nkandla- informele nedersetting, net buite die Rosslyn-area brand, ontvang.

Met aankoms op die toneel het het mense wat saamdrom gesê twee kinders het in hul ouers se shack doodgebrand. Polisielede het een kind op die bed en een op die grond aangetref. Beide was onherkenbaar verbrand en is op die toneel dood verklaar.

Van Dyk sê die polisie het ‘n 9 mm- en ‘n geweerdoppie op die toneel gevind.

Die dubbelmoord van die kinders word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief