Lees ook: Reën voorspel vir vandag oor meeste van die land
BOTSHABELO. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem na hulle glo Woensdag op mense in Botshabelo geskiet het.
Die twee verdagtes, 18 en 19 jaar oud, het glo ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gebruik om op mense in Seksie A te skiet. Niemand is beseer nie.
Beide verdagtes is in hegtenis geneem vir poging tot moord en sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: SAPD