Twee verdagtes in skietery dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes is Maandag in Empangeni tydens ‘n skietery met die polisie noodlottig gewond.

Kol. Robert Netshiunda sê polisiebeamptes was op roetine-patrollie toe ‘n geparkeerde wit bakkie langs ‘n suikerrietland op die ou Mtubatubapad opgemerk is. Die voertuig is genader, waarop daar na die polisiebeamptes geskiet is. ‘n Oor-en-weer-skietery het ontstaan, waartydens twee verdagtes doodgeskiet is. Twee vuurwapens en ammunisie is in die verdagtes se besit gevind.

Netshiunda sê voorlopige ondersoek het aan die lig gebring die voertuig is Vrydag in KwaMsane tydens ‘n huisroof gesteel. Arrestasielasbriewe is vir die verdagtes op aanklag van moord uitgereik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief