Twee verdagtes vas na raadslid doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ‘n raadslid (40) van Sundumbili Dinsdagaand in sy huis doodgeskiet is en sy suster (42) gewond is.

Kol. Robert Netshiunda sê die arrestasies is binne ‘n paar uur gemaak. Openbare Orde-polisiëringslede was besig met roetinepatrollies toe hulle die twee verdagtes in die straat opmerk. Die mans is voorgekeer en deursoek, waarna twee vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl is, in hulle besit gekry is. Beide is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem. Tydens verdere ondersoek van die polisie se taakspan is die twee verdagtes met die moord en poging tot moord verbind.

Volgens rapportering is die twee verdagtes na die raadslid se huis met die versoek om hom te sien. Toe hy uit sy huis gaan, is daar op hom geskiet. Sy suster, wat tussenbeide probeer tree het, is gewond. Beide is na ‘n plaaslike mediese fasiliteit gehaas, waar die raadslid met aankoms dood verklaar is.

Netshiunda sê die twee verdagtes is ook gekoppel aan die skietdood van ‘n persoon op 25 Januarie in Sundumbili. Die verdagtes sal vandag op aanklagte in die Nyoni-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief