Twee verdagtes vir ‘kinderpornografie’ vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes is tydens samewerking van die SAPD, die FBI en Department of Homeland Security (DHS) vir beweerde kinderpornografie-verwante misdade gearresteer.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die twee verdagtes word van seksuele voorbereiding, besit, aflaai, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie in verskillende dele van die provinsie beskuldig.

Die polisie se nasionale en provinsiale lede van die reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid, forensiese maatskaplike werk, Pretoria-Sentraal-GKS, saam met die FBI en DHS het op inligting reageer.

‘n Man (49) is Donderdag by ‘n adres in Vanderbijlpark gearresteer. Hy het na bewering sy meisie se dogter (15) seksueel voorberei, seksueel aangerand en verkrag.

Vrydag het die span ‘n man (41), ‘n voormalige onderwyser en skoolhoof van Pretoria, op aanklag van die blootstelling van kinders aan volwasse pornografie, seksuele voorbereiding van seuns tussen 10 en 12 jaar oud gearresteer. Tot dusver is drie slagoffers positief geïdentifiseer, maar ses moet nog opgespoor word.

Verskeie eenhede elektroniese toerusting wat vermoedelik kinderpornografie bevat, is gekonfiskeer.

Van Wyk sê beide die verdagtes sal Dinsdag onderskeidelik in die Vanderbijlpark- en Pretoria-Sentraal-landdroshowe voorkom.

Die staat sal borgaansoeke van die verdagtes teenstaan.

“Die SAPD herinner lede van die publiek dat dit ‘n kriminele oortreding is om kinderpornografie te besit, toegang daartoe te verkry, dit af te laai, te vervaardig en te deel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief