Twee verdagtes vir vier moorde in Soshanguve aangekeer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Twee verdagtes is Woensdagoggend in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery in Shoshanguve, noord van Pretoria, waarin vier persone, onder wie ‘n tienermeise (14), hul lewens verloor het. Die twee, onderskeidelik 30 en 33 jaar oud, sal vandag op aanklag van moord in die hof verskyn.

Volgens kol. Dimakantso Nevhuhulwi het die skietvoorval op 1 Januarie by Block P in Soshanguve gebeur.

Nevhuhulwi sê polisielede het op ‘n klagte van ‘n skietvoorval gereageer en vier mense met skietwonde in ‘n straat aangetref. ‘n Tienermeisie (14) was een van die oorledenes.

Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief