Twee vir ‘besigheidsroof en moord’ op Megan Griesel vasgetrek

Lees ook :

Twee vir 'besigheidsroof en moord' van Megan Griesel vasgetrek
Twee vir 'besigheidsroof en moord' op Megan Griesel vasgetrek Foto: Simoné Esterhuizen

MPUMALANGA. – Twee verdagtes, beide 27 jaar oud, is vir beweerde besigheidsroof en die moord op 21 Oktober op Megan Griesel (20) van Lydenburg vasgetrek. Hulle het Vrydag onderskeidelik in die Kabokweni-en Lydenburg-landdroshowe verskyn.

Kol. Donald Mdhluli sê die verdagtes het in die hof verskyn op aanklagte van besigheidsroof, moord en oortredings van die wet op plofstof.

Omstreeks 00:30 p die betrokke datum in Oktober het ‘n groep van ongeveer tien swaar gewapende mans in ‘n wit Isuzu-bakkie na bewering ‘n vulstasie geteiken waar personeel met wapens, handwapens en gewere aangehou is.

Die verdagtes het glo die valkluis met plofstof gedetoneer waarna ‘n onbekende bedrag kontant en sigarette gebuit is. Na bewering is die verdagtes daarna na nog ‘n vulstasie by ‘n inkopiesentrum waar nog ‘n onbekende bedrag kontant en sigarette geroof is. Van daar is die groep glo na ‘n drankwinkel waar toegang forseer is en die booswigte hulself aan items, wat drank en sigarette insluit, binne die winkel gehelp het.

Volgens rapportering is dit tydens hierdie insident wat die verdagtes lukraak skote op voertuie wat lyk asof hulle die misdaadtoneel nader, geskiet het. Megan Griesel, wat alleen in haar voertuig gery het, het niksvermoedend in geweervuur ingery en is doodgeskiet. Haar voertuig was met koeëlgate oortrek. Die polisie is ontbied.

Die provinsiale taakspan was getaak om die ondersoek te doen. Lede van die publiek was versoek om met inligting vorendag te kom, wat beslis die ondersoek gehelp het.

Woensdag het die ondersoekspan ‘n deurbraak gemaak wat hulle na Masoyi buite Witrivier en die inhegtenisneming van die eerste verdagte gelei het. Hy het vlugtig in die Lydenburg-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 7 November uitgestel is. Die verdagte bly in aanhouding.

Mdhluli sê meer klagtes kan moontlik mettertyd, soos wat die ondersoek vorder, bygevoeg word.

Met meer inligting van die publiek is ‘n tweede inhegtenisneming Donderdag in Kanyamazane gemaak. Tydens hierdie inhegtenisneming is die verdagte in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevind. Hy het ook in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

Mdhluli sê die polisie werk onverpoosd om al die beweerde verdagtes aan die man te bring. Weens die sensitiwiteit van die ondersoek kan die beskuldigdes se name nie bekend gemaak word nie.

Die polisiebestuur in Mpumalanga bedank die publiek vir hul hulp tydens die ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief