Twee vroue doodgeskiet, nog een gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Fredirika Booysen (46) en Teresa Pullen (32) is Saterdagoggend by ‘n woning in Pompanoweg, Tiryville, Kariega, doodgeskiet. Terwyl beide op die toneel dood verklaar is, is ‘n derde slagoffer, ’n vrou in haar 30’s, met skietwonde na ’n hospitaal geneem.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring aan Nuusflits die Kamesh-polisie het Sondagoggend omstreeks 02:40 op ’n klag oor ‘n skietery by ’n woning reageer. Met aankoms op die toneel is lede ingelig dat onbekende verdagtes die voordeur van die huis oopgeskop het. Hulle is daarop na ’n slaapkamer waar die drie vrouens was en het op hulle geskiet. Die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad se teen-bende-eenheid ondersoek die dubbele moord en poging tot moord.

Die motief vir die moord en poging tot moord is tans onbekend en die polisie se ondersoek duur voort.

Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om kapt. Neville Gouws by 082 387 5904 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief