Twee vroue en kind sterf in drievoudige moord

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee vroue, onderskeidelik 65 en 40 jaar oud, asook ‘n meisie (9), is Maandagaand in Malibalestraat, Soweto-on-Sea, in KwaZakhele doodgeskiet in ‘n huis aangetref.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die gemeenskap het skote gehoor en die polisie ingelig, waarna die slagoffers in die huis gekry is. Mediese personeel het hulle op die toneel dood verklaar.

Speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad is op soek na verdagtes wat vir die drie geregistreerde moorde verantwoordelik is.

Die motief en omstandighede is nog onbekend en maak deel uit van die ondersoek. Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word nadat hul naasbestaandes hulle uitgeken het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief