Twee vroue in verbyryskietery gewond

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (34) en ‘n voetganger (24) van Cornubia is Dinsdagmiddag ernstig gewond in ‘n verbyryskietery by ‘n kompleks.

Reaction Unit South Africa is omstreeks 17:00 vir mediese hulp vir die twee vroue gekontak. Met aankoms het paramedici die vroue wat hewig bloei in die pad aangetref. Die ouer vrou is in haar geslagsdele, regterbeen en regterhandpalm getref. Die jonger vrou is in beide bene getref.

Rusa sê die ouer vrou is ‘n inwoner van die kompleks.

“Sy was ontevrede oor ‘n taxi-eienaar wat probeer om haar uit die area te dwing, maar wou nie verder uitbrei nie. Sy het ‘n leë wit Toyota Hiace wat aan die taxi-eienaar behoort genader en dit met ‘n panga gekap. ’n Onbekende voertuig het opgedaag en die insittendes het op haar losgebrand. Die tweede slagoffer is deur dwaalkoeëls getref.”

Beide die slagoffers is op die toneel gestabiliseer alvorens hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App