KENTUCKY, VSA. – Twee vroue is dood en twee mans beseer nadat ’n verdagte wat voortvlugtend was ná hy ’n polisiebeampte geskiet het, op kerkgangers in ‘n Baptistekerk in Lexington losgebrand het. Die vroue is op die toneel dood verklaar en die mans, van wie een kritiek, is na ’n hospitaal vir behandeling geneem.
Lees ook: Lughawe gesluit nadat vliegtuig neerstort kort ná opstyging
Die verdagte het ’n polisiebeampte by ’n verkeerstop geskiet, ’n voertuig gekaap en die 25 km na die kerk gery waar hy op die kerkgangers geskiet het voordat hy deur die polisie doodgeskiet is.
Ondersoekers het gesê hulle glo die verdagte het ’n verbintenis gehad met van die individue by die kerk. Die polisie is besig om die saak te ondersoek. Die motief vir die skietery is onbekend.
Bronne: BBC, ABC News, The Independent
Lees ook: Lughawe gesluit nadat vliegtuig neerstort kort ná opstyging





