Twee weke oue baba onherkenbaar verbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die verkoolde liggaam van ‘n ongeveer twee weke oue baba is Vrydagmiddag deur ‘n lid van die gemeenskap langs ‘n skool in bosse gekry.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die Seshego-polisie is omstreeks 15:45 na die moordtoneel in Moletjie ontbied. Die baba se liggaam was onherkenbaar verbrand. Die polisie sê die motief vir die voorval is nog onbekend.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het die moord op die pasgebore baba en die daaropvolgende verbranding van die liggaam sterk veroordeel. Hadebe het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulp te soek indien hulle nie vir pasgebore babas kan sorg nie. “Die onlangse insidente waar pasgebore babas, lewend of dood, weggegooi word, raak ’n ernstige probleem in die provinsie. As jy geboorte gee en besef jy wil nie die kind grootmaak nie, is dit raadsaam om die departement van maatskaplike ontwikkeling te nader vir advies oor aanneming as ’n alternatief tot die doodmaak van onskuldige bloed.”

Polisie-ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief