Tweejarige seun ernstig deur honde beseer

Lees ook :

Tweejarige seun ernstig beseer na hondebyte. Foto: Rusa

WATERLOO, KZN. – ’n Tweejarige seun het Maandagmiddag ernstige wonde opgedoen toe hy deur drie honde in Waterloo gebyt is. Na bewering het die honde uit ’n erf ontsnap en die seun in die straat aangeval.

Volgens Reaction Unit South Africa het hulle die seun met diep gesig- en beenwonde aangetref. Die seun en sy maats het glo in die straat gespeel toe die honde deur gate in ’n heining ontsnap het.

Sy maats het gevlug en hulp gaan soek. Die eienaar van die honde was nie tydens die voorval by sy huis nie. Dit is ook nie duidelik wat intussen van die honde geword het nie.

Die seun is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na ’n hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem.

Bronne: Reaction Unit South Africa, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief