Tweelingbabas sterf in verwoestende brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – Vier maande oue tweelingseuntjies is dood nadat ‘n shack laat Maandagaand in die Hashtag- informele nedersetting in Ikageng, naby Potchefstroom, afgebrand het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen nadat beamptes kort voor middernag na die brand ontbied is. Met hul aankoms was die blyplek reeds heeltemal deur die vuur verwoes. Die ouers van die babas het albei brandwonde opgedoen. Hulle is deur nooddienste op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n plaaslike hospitaal vervoer is. Terwyl die toneel deursoek is, is die verkoolde oorskot van die vier maande oue tweeling tussen die puin aangetref.

Die JB Marks-brandweer het die brand geblus. Die oorsaak van die brand is nog onbekend en vorm deel van die polisieondersoek. Die Noordwes-polisie doen ‘n beroep op inwoners om gedurende die wintermaande versigtig te wees en die risiko van huisbrande te beperk wanneer kerse, verwarmers, paraffienstowe en ander oop vlamme gebruik word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief