Ugandese president teken wet wat militêre verhore vir burgerlikes toelaat

Lees ook :

Ugandese president teken wet wat militêre verhore vir burgerlikes toelaat fotokrediet: Canva

UGANDA. – Die Ugandese president Yoweri Museveni het ’n wet geteken wat sal toelaat dat burgerlikes onder sekere omstandighede deur ’n militêre hof verhoor kan word. Die omstandighede sluit in as burgerlikes in besit van militêre toerusting, insluitend vuurwapens of weermaguniforms, gevind word.

Lees ook: Nege mense dood en 26 beseer in ontploffing by vuurwerkfabriek

’n Soortgelyke wet is voorheen in Januarie ongrondwetlik verklaar ná aktiviste gekla het die wet word gebruik om mense te verhoor wat die regering kritiseer.

Die regering het gesê net burgerlikes wat in gewapende politieke geweld betrokke is, sal deur die weermag verhoor word. Die weermag het die nuwe wet verwelkom en by monde van die woordvoerder gesê dit sal help “om die vorming van militante politieke groepe wat die demokratiese proses wil ondermyn, keer”.

Bronne: BBC, Arise News, All Africa

Lees ook: Nege mense dood en 26 beseer in ontploffing by vuurwerkfabriek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief