Uitbraak van kommandowurms in verskeie provinsies aangemeld

Lees ook :

Foto: Wikipedia

‘n Uitbraak van die Afrika-kommandowurm is in verskeie provinsies aangemeld en sluit veral Groblersdal, Carolina, Badplaas, Pretoria-Noord en Bronkhorstspruit in.

Volgens Agri Limpopo, waar die uitbraak van die Spodoptera exempta ook aangemeld is, vreet die wurm hoofsaaklik gras, maar kan ook graangewasse beïnvloed en veral weiveld kwesbaar maak, wat vir beeste giftig is. Dit stel ‘n sianiedagtigheid vry en veeboere word aangeraai om weiding vir die wurmbesmetting dop te hou.

Om plantgewasse en vee te beskerm, bly dit ‘n opsie om ‘n uitbraak met chemikalieë en insekdoders te beheer, maar omdat geaffekteerde areas soms groot is, is dit nie altyd koste-effektief nie. Voëlmigrasie en ander roofdiere is natuurlike hulp om die wurms te verminder.

Om ‘n vermoedelike teenwoordigheid van kommandowurm akkuraat te identifiseer, word boere aanbeveel om foto’s en ligging vir CropLife South Africa, per WhatsApp aan dr. Gerhard Verdoorn by 082 446 8946 en Hiresh Ramanand by 082 497 6975 te stuur.

Agri Limpopo herinner daar moet vinnig opgetree word om die uitbraak te beheer.

Bron: Agri Limpopo

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief