Uitvoerende burgemeester skuldig aan aanklagte

Lees ook :

Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Thanduxolo Khalipa, die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit, is deur Odendaalsrus-landdroshof skuldig bevind op aanklagte van aanranding en crimen injuria.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê Khalipa het op drie aanklagte tereggestaan – een van aanranding en twee van crimen injuria. Hy het sy bestuurder en beskermer tydens ‘n gemeenskapsvergadering aangerand en beledig.

“Spanning het tydens die gemeenskapsvergadering toegeneem en gemeenskapslede het namate rumoerig geraak, wat sy beskermers genoop het om in te gryp en hom van die toneel te probeer weglei. In reaksie hierop het Khalipa glo sy beskermers fisies begin aanrand en neerhalende opmerkings gemaak.”

Die burgemeester se beskermers het ‘n saak teen hom oopgemaak, wat tot die aanklagte gelei het.

Die saak is vir vonnisoplegging tot 12 Desember uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief