Vliegtuie se vlerke tref mekaar by Ronald Reagan- nasionale lughawe

Lees ook :

Vliegtuie se vlerke tref mekaar by Ronald Reagan- nasionale lughawe fotokrediet: X

WASHINGTON, VSA. – ‘n Vlerkpunt van ‘n vliegtuig van American Airlines vlug 5490 het die vlerk van American Airlines vlug 4522 op die aanloopbaan van die Ronald Reagan- nasionale lughawe geraak.

Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots

Een vlug was op pad na Charleston en die ander een op pad na New York. Daar was minstens drie lede van die Amerikaanse kongres op een van die vliegtuie. Niemand is in die voorval beseer nie.

American Airlines het in ’n verklaring gesê die “skade was beperk tot ’n vlerk op elke vliegtuig” en dat albei vliegtuie “uit diens gehaal is vir inspeksie”.

Daar was onlangs verskeie voorvalle by die Ronald Reagan-lughawe, insluitend ’n botsing tussen ’n American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter, asook ’n botsing wat net-net vermy is tussen ‘n weermagstraler en ’n vliegtuig.

Bronne: The Independent, CNN, NBC News

Lees ook: Botsing tussen Delta-vliegtuig en straler by Reagan National net-net afgeweer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief