Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza
KAZAKHSTAN. – Die Al-Farabi Kazakhstan-universiteit het die inligting van vroulike studente wat maagde is op sosiale media gelek. Die inligting sluit hulle name, ouderdomme, selfoonnommers en belastingkodes in.
Altesaam 190 vroulike studente, tussen 17 en 21, se persoonlike inligting en die feit dat hulle maagde is, is bekendgemaak. Die vrouens het ginekologiese ondersoeke by die universiteit se mediese sentrum ondergaan en daardie data is vrygestel. Dit is onbekend of dit verpligtend was vir die vrouens om die ondersoeke te laat doen.
Die vrouens is woedend oor die inligting wat gelek is. Hulle het gesê hulle inligting is in ’n algemene geselsruimte (chat room) geplaas ná hulle intieme ondersoeke.
Die universiteit het die kontrak met die mediese sentrum opgeskort wat vir die lekkasie blameer word. Die voorval word ondersoek.
Bronne: Daily Mail, The Daily Star, WN.com, VN Explorer
Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza





