LIMPOPO. – Francois Swart, die sogenaamde “vakansieswendelaar” van Priority Escapes sal vandag weer in die Modimolle-landdroshof verskyn.
Lelanie Swanepoel, Nuusflits-verslaggewer het op 10 Januarie berig Swart is in hegtenis geneem, maande nadat strafregtelike klagtes teen hom aanhangig gemaak is. Swart het op 28 Desember vir die eerste keer in die Modimolle-landdroshof verskyn en borgtog is aan hom toegestaan. Voorwaardes vir sy vrylating op borg is egter nog nie vasgestel nie, maar AfriForum se privaatvervolgingseenheid is tevrede dat die regsproses aan die gang is om Swart aanspreeklik te hou vir die bewerings teen hom.
Volgens Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se privaatvervolginsgeenheid, wat twee van die klaers verteenwoordig, sê hulle is sedert die begin van die jaar met versoeke vir hulp oorval. Dit volg nadat ‘n persoon genaamd mnr. Mboweni, wat homself as ‘n speurder van die Valke voorgestel het, as “die speurder wat die Swart-saak ondersoek” gesê het hy sal die saak beter as die privaatvervolgingseenheid ondersoek.
“Complainants had created a WhatsApp group to stay abreast of developments in the investigation. Members of the group complained that they were not getting adequate feedback and were dissatisfied at the progress of the investigation. It was in a voice note that Mboweni said, inter alia, “… you think that we are not doing anything go to the Private Prosecution. They will do whatever at your own time…” He concluded, “…if you have nothing to say shut your mouth up…””
Bateman sê die privaatvervolginseenheid het sedertdien ‘n dokument (wat in Nuusflits se besit is) aan die Valke oor “Mboweni” gerig, aangesien verskeie van die sake teen Swart met die rede “closed as false-yielding to no crime comitted,” afgesluit is.
Die saak teen Swart kom vanoggend voor en verskeie klaers sal volens Bateman die hofverrigtinge bywoon.
Nuusflits het voorheen berig Francois Swart (39), ‘n sogenaamde vakansie-swendelaar van Fourways en die geïmpliseerde maatskappy Priority Escapes, het die polisie in Limpopo kort op sy hakke. Hy het glo vakansiemaatskappye in Modimolle (Nylstroom) uit groot bedrae geld bedrieg.
Brig. Hlulani Mashaba sê ‘n lasbrief vir Swart se inhegtenineming is uitgereik. Bedrogsake is in Augustus by die Modimolle-polisiestasie geregistreer.
Na bewering het Swart as direkteur van die maatskappy bedrog gepleeg deurdat hy voornemende vakansiegangers se geld ontvang het deur vir hulle oor “gefinaliseerde vakansies” te lieg.
Die verdagte het glo volle betaling van voornemende vakansiegangers ontvang om vakansiereëlings namens hulle te maak. Swart het ook glo dokumentasie voorsien waarin vakansies as ten volle gereël en betaal aangedui was.
Mashaba sê daar is intussen vasgestel die dokumente is vervals.





