Valke slaan op ontvoeringsindikaat toe

Lees ook :

Foto: Tracey Fourie

OOS-KAAP. – Tracey Fourie (62) van Gqeberha is op 25 Augustus ongedeerd vrygelaat ná sy ‘n week vantevore ontvoer is. Die Valke het ‘n groot slag geslaan toe nege verdagtes wat met die ontvoering verbind word, in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Avele Fumba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagtes is glo met losprysgeld in hulle besit aangekeer. Onwettige vuurwapens en twee voertuie wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is, is ook in die verdagtes se besit gevind. Fourie is vir ‘n week aangehou terwyl losprysonderhandelinge aan die gang was. Die Valke het strategies druk toegepas en die situasie gemonitor, waarna Fourie vrygelaat is. Ure later is ’n intelligensie-gedrewe operasie uitgevoer waarin die sindikaat opgebreek en vasgetrek is.

Volgens die Valke was samewerking tussen Magma Security and Investigations, Misdaadintelligensie en die plaaslike Kriminele Rekordsentrum deurslaggewend.

Fumba bevestig opvolgoperasies is steeds aan die gang om bykomende verdagtes vas te trek wat met die netwerk verbind word. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief