LIMPOPO. – Die Valke in Limpopo het vanoggend (Woensdag) ‘n hofbevel by Polokwane-munisipaliteit uitgevoer.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die Polokwane-landdroshof het die bevel vir deursoeking uitgereik sodat inligting en dokumente ter ondesteuning van ‘n beweerde korrupsieskandaal bekom kan word. Die bewering is dat munisipale beamptes moontlik betrokke kan wees.
Mogale sê die Valke bly daartoe verbind om beslissend en binne die wet op te tree om verantwoordbaarheid en deursigtigheid in munisipale bedrywighede te verseker.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: