Veediefstalverdagtes vermoedelik ontvoer en vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Twee mans, wat van veediefstal verdink is, is vermoedelik op 23 Augustus van ‘n plaas in Laersdrift ontvoer en vermoor.

Kol. Donald Mdhluli sê die twee mans se name is aan die polisie bekend. Twee verdagtes is op 28 Augustus in hegtenis geneem. Hulle het Donderdag 29 Augustus in die Middelburg-landdroshof voorgekom. Die saak is tot 5 September uitgestel, terwyl die verdagtes in aanhouding bly terwyl die polisie se ondersoek voortduur.

Die plaas is in die Somaphepha-area, naby Laersdrift, buite Middelburg geleë. Deel van die polisie se ondersoek is om vas te stel waar die twee vermiste mans, of dan hul liggame, is.

“Die SAPD is verbind tot ‘n deeglike ondersoek van hierdie saak en ‘n toegewyde span werk ywerig om alle feite rondom hierdie tragiese gebeurtenis te ontbloot.”

Enigiemand met inligting aangaande die insident word gevra om na vore te kom. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App