KWAZULU-NATAL. – ‘n Veiligheidsbeampte het Maandagmiddag tydens ‘n transitorooftog op die R74 tussen Stanger en die N2 ‘n skietwond opgedoen, terwyl nog een matig beseer is.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê verdagtes het op die kontantwa geskiet en ‘n veiligheidsbeampte getref. Daarna is springstof gebruik om toegang tot ‘n onbekende bedrag geld te verkry. Beide die veiligheidsbeamptes is onder toesig van IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n fasiliteit vervoer.
Die verdagtes het van die misdaadtoneel gevlug, waarna die pad vir die kriminele ondersoek gesluit is.






