Veiligheidsbeamptes vir ‘bedrieglike vuurwapenbevoegdheidsertifikate’ in hof

Lees ook :

Foto: Ter ilustrasie Canva

MPUMALANGA. – Altesaam 20 veiligheidsbeamptes het Vrydag vir die besit van beweerde bedrieglike vuurwapenbevoegdheidsertifikate in die Nelspruit-landdroshof voorgekom.

Lt. kol. Magonseni Nkosi sê die 20 persone het, nadat hulle reeds afsonderlik in die hof verskyn het, vir die eerste keer saam voorgekom.

Die saak is vir voorverhoor vanaf 17 tot 20 Maart uitgestel. Die verdagtes is opgedeel om in groepe van vier of vyf in die hof te verskyn, waarvan die eerstes op 17 Maart en die laastes op 20 Maart.

Nkosi sê die verdagtes is as deel van projek Kobra van die Valke in Nelspruit gedagvaar om in die hof te verskyn. Die projek is geloods nadat inligting ontvang is van verdagtes wat glo bedrieglike vuurwapenbevoegdheidsertifikate gedurende 2023 bekom het. Die ondersoek is suksesvol afgehandel en die verdagtes geïdentifiseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief