Veiligheidsmaatskappye skiet by taxistaanplek op mekaar

Lees ook :

Foto: Kaya News

GAUTENG. – ‘n Skietery het vanoggend (Dinsdag) by die Meyerton-taxistaanplek tussen twee veiligheidsmaatskappye uitgebreek. Die polisie sê daar is nie soos wat berig word ‘n skoolleerling tydens die skietery beseer nie.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê volgens polisieverslae het lede van twee veiligheidsmaatskappye op mekaar geskiet en van die beamptes is met ‘n skietwond na ‘n hospitaal geneem. Tien AK-47-aanvalsgewere en nege 9 mm-pistole is deur die polisie by die taxistaanplek met ‘n deursoeking gevind. ‘n Saak van poging tot moord is geopen. Die motief vir die skietery en eienaarskap van die vuurwapens wat gevind is, sal deur ‘n ondersoek vasgestel word.

“Berigte dat ‘n leerling geskiet is, is nie waar nie, aangesien die polisie die skool besoek het en bevestig het dat geen leerling tydens die skietery beseer is nie.”

Nuusflits het weer navraag gedoen en kol. Dimakatso het bevestig geen tiener het ‘n skietwond opgedoen nie, maar wel ‘n sny.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief