Veiligheidswag in hof ná aanval op leerder by hoërskool in KwaBhaca

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Veiligheidswag (42) het vandag in die hof verskyn nadat hy na bewering verlede Woensdag ’n meisieleerder (20) by ’n hoërskool in KwaBhaca aangeval en met ’n skerp voorwerp gesteek het. Volgens AO Majola Nkohli het die voorval omstreeks 20:00 by die skool plaasgevind.

Die leerder is met verskeie beserings na die hospitaal geneem, waar sy tans aansterk. Die insident is eers Vrydag by die polisie aangemeld, waarna die veiligheidswag Saterdag in hegtenis geneem is.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App