Veiligheidswag wat waterdienswerkers bewaak, doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Sikhumbuzo Selby Ngcobo (51) is Sondagoggend in Estuary-rylaan in Missionlands doodgeskiet, terwyl sy kollega se vuurwapen afgeneem is.

Reaction Unit South Africa sê die wagte wat in Durban gebaseer is, het werknemers van Ethekweni Water Services (HWS), wat besig was om ‘n waterpyp te vervang, opgepas.

“Vier verdagtes het die Nissan NP 200-bakkie genader en die bestuurder van sy Norinco 9mm-pistool met agt rondtes ammunisie beroof. Hulle het verskeie rondtes op sy kollega geskiet wat in die ongemerkte voertuig gesit het. Die verdagtes het daarna te voet in ‘n onbekende rigting gevlug.”

Rusa sê ‘n beampte wat op patrollie was, is vir hulp gevra. Hy het die operasionele sentrum vir dringende mediese hulp gevra. Met aankoms het paramedici gevind die slagoffer het verskeie skietwonde aan sy kop, bors en gesig opgedoen. Hy is dood verklaar.

KSA Security het volgens Rusa ‘n beloning uitgeloof vir inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming sal lei.

Enigiemand met inligting kan Reaction Unit South Africa by 086 123 4333, of die plaaslike polisie by 032 5415200 bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief