KWAZULU-NATAL. – Twee veiligheidswagte van die Klipfontein-watertoring op Vryheid is in die vroeë oggendure glo brutaal aangerand en meer as 50 meter ver gesleep.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dit het gebeur terwyl verdagtes die perseel gevandaliseer het. Dié ambulansdiens is na die toneel ontbied waar die ernstig beseerde veiligheidswagte, wat ook aan die koue blootgestel is, gestabiliseer is.
Die veiligheidswagte is vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.





