Brekende Nuus
Afrikaans

Verbrande liggaam van tienermeisie in bos gevind

OOS-KAAP. – Die polisie op Alice is op soek na die naasbestaandes van ‘n tienermeisie wie se verbrande liggaam in die Roxeni-bos gevind is.

Liggaam van tienermeisie nog nie geïdentifiseer nie

Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van ‘n meisie wat vermoedelik tussen 13 en 15 jaar oud is, is verbrand gevind. Weens die mate van verbranding was dit moeilik om haar te identifiseer.

Enigiemand wat die polisie kan help om die meisie te identifiseer of dalk weet van iemand wat vermis was, kan die ondersoekbeampte, adj. off. Bukelwa Qoma by 071 475 2419 of 040 653 0875 sakel.

LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry

LEES OOK: Drostdy-seun dood in koshuisbed gevind

Volg Nuusflits hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.