Verbrande oorskot getoets om te bepaal of dit aan vermiste meisie behoort

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Verbrande menslike oorskot is ondergronds by ‘n ou mynskag van Harmony-myn in Welkom uitgehaal. Dit sal forensies getoets word om vas te stel of dit aan die vermiste meisie Thato Tumahole (19) behoort.

Brig. Motantsi Makhele sê ‘n mynreddingspan en Welkom-honde-eenheid is vanoggend om 08:00 na die skag. Die span het die verbrande menslike oorskot ondergronds uitgehaal. Die oorskot sal forensies ontleed word om die identiteit te bepaal.

Soos voorheen berig, is die vermiste meisie laas op 10 Mei gesien toe sy haar huis in Rheederspark in Welkom verlaat het en sedertdien tevergeefs na haar gesoek is. ‘n Saak van ‘n vermiste persoon is geregistreer en word steeds ondersoek. Tomahole se kêrel (22) is intussen op 16 Mei in hegtenis geneem en het op 20 Mei in die Welkom-landdroshof verskyn. Die saak is vir borgaansoek tot 27 Mei uitgestel. Op sosiale media is in video’s beweer Tumahole het gesterf.

Makhele vra dat spekulasie gestop moet word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief