Verbrande oorskot is dié van vermiste vrou

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Verbrande menslike oorskot wat op 4 Januarie op die M10-pad gevind is, is positief met Sibongile Portia Ngwana (27) verbind. Sy is op 28 November 2023 by Mangaung-polisiestasie as vermis aangemeld.

Brig. Motantsi Makhele sê die uitslag van forensiese toetse het bevind die menslike oorskot is dié van Ngwana.

Ngwana se familie het haar as vermis aangemeld nadat sy die huis op 26 November verlaat het om winkel toe te gaan. Sy is nooit weer gesien nie. Tydens die ondersoek is twee verdagtes van 27 en 33 jaar met behulp van inligting wat ontvang is in hegtenis geneem. Beide is buitelandse burgers. ‘n Span wat deur forensiese deskundiges gelei is, het daarna menslike oorskot onder ‘n boom naby ‘n stroom versamel waarna forensiese toetse gedoen is.

Die verdagtes het in afwagting van verdere ondersoekwerk en die DNS-resultate in aanhouding gebly.

Makhele sê die verdagtes sal op 18 Junie in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief