LIMPOPO. – ‘n 22-jarige verdagte het Maandag in die hof verskyn nadat ‘n 3-jarige en ‘n 4-jarige Vrydag in die Vhembe-distrik verkrag is.
Kol. Malesela Ledwaba sê die ma van die kinders, wat by die huis was, het gesien haar kind gaan by bosse in. Sy het dit verdag gevind en ondersoek ingestel, waarop sy na bewering gesien het hoe die verdagte een van die kinders seksueel aanrand. Toe sy hom konfronteer, het hy weggehardloop. Een van die kinders was nakend en het bevestig sy is deur die verdagte verkrag. Beide die kinders is vir ‘n mediese ondersoek geneem, waar verkragting bevestig is.
Die voorval is aan die polisie rapporteer, waarna die verdagte gesoek en gearresteer is. Hy het Maandag op twee aanklagte van verkragting in die Mutale-landdroshof verskyn.





