Verdagte aangekeer ná verkragting van bejaarde vrou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ’n Verdagte (40) sal vandag (Woensdag) op aanklag van die verkragting van ‘n vrou (75) in die Mankweng-landdroshof verskyn.

Brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval het Maandagoggend omstreeks 02:30 in Ga-Mokgopo, Borobathoka, plaasgevind. Die slagoffer was alleen tuis en het geslaap toe sy ‘n venster hoor breek. ‘n Verdagte man het glo die huis betree en geld van haar geëis. Toe sy aandui dat sy nie geld het nie, het hy haar verkrag en na ’n nabygeleë veld gedwing.

Die slagoffer het om hulp geskree en is deur lede van die gemeenskap gered. Die saak is by die Sebayeng-polisielantoor aangemeld en ’n verkragtingsaak is geregistreer. ’n Intelligensiegedrewe operasie het tot die inhegtenisneming van die verdagte op aanklagte van inbraak en verkragting gelei.

Mashaba sê die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief