Verdagte deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ’n Verdagte is Sondagmiddag noodlottig gewond tydens ‘n skietery met die polisie in die Okhalweni-gebied in KwaMaphumulo.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor ’n man wat in besit van ’n vuurwapen was en met ’n voertuig in die Maphumulo-sakekern gery het. ‘n Operasie is geloods en die betrokke voertuig is langs ’n pad in Okhalweni aangetref. Toe die polisie die voertuig nader, was daar twee insittendes in die voertuig, sonder die bestuurder. Die bestuurder het aangeloop gekom na die voertuig, maar omgedraai toe hy die polisie sien. Hy is deur die polisie agternagesit, waartydens hy op die polisie losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte noodlottig gewond.

’n Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is in sy besit gevind. Geen polisiebeamptes is tydens die voorval beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief