OOS-KAAP. – Die polisie het Saterdag ‘n verdagte noodlottig gewond en nog drie in hegtenis geneem toe ‘n skietery uitgebreek het.
Lt.col. Siphokazi Mawisa sê die polisie is na ‘n klagte van ‘n sakeroof in die Magodla-administratiewe area, in die Mthonjeni, Mgqamakwe. Inligting van die sakeroof was dat ses verdagtes ‘n spazawinkel beroof het en die eienaar met ‘n mes gewond het.
Tydens ondersoek het die polisie dieselfde dag vasgestel waar die verdagtes hulle bevind. Met aankoms by die huis van die verdagtes is daar op die polisie geskiet. Die polisie het teuggeskiet en die verdagte doodgeskiet. Drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar nog drie verdagtes het te voet van die toneel gevlug.
Met deursoeking het die polisie ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, kruideniersware en selfone gevind.
Die verdagtes is vir sakeroof, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla.





