Verdagte doodgeskiet in gyselaarsituasie by polisiekantoor

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gyselaarsituasie by die Ntumzuma-polisiekantoor in die noorde van Durban het vanoggend (Maandag) die lewe van ‘n verdagte (22) gekos. Polisiepersoneel is tydens die skietery beseer.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagte is doodgeskiet nadat hy glo probeer het om polisiebeamptes by die aanhoudingselle dood te skiet. Die man is aanvanklik Saterdag op ‘n aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Volgens Netshiunda, was twee polisiebeamptes besig om die verdagte aan te kla toe hy die hoof-seldeur se sleutel afgevat en hulle aangeval het. Die betrokke beamptes het hulp ontbied en met dié wat uniformlede opdaag het, het die verdagte glo een ontwapen en die seldeur met beamptes binne in gesluit, terwyl hy steeds skiet. Die polisiebeamptes het takties skuiling ingeneem, terwyl die gyseldrama verskeie minute voortgeduur het. Taktiese polisiespanne het daarin geslaag om die selle binne te gaan, waartydens die verdagte noodlottig gewond is. Twee polisiebeamptes, ‘n manlike en ‘n vroulike lid, het tydens die skietery geringe beserings opgedoen.

Kol. Netshiunda bevestig dat die polisiebeamptes wat as gyselaars aangehou was, tydelik van aktiewe operasies onttrek is om sielkundige beradingsessies by te woon.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is kort voor 08:30 met oproepe oorval vir mediese hulp by die Ntuzuma-polisiekantoor. Aanvanklike rapportering het aangedui dat ‘n verdagte glo ‘n polisiebeampte ontwapen het en op persone in die polisiegebou losgebrand het. Verskeie nooddienste het hulle na die toneel gehaas.

Nadat die toneel beveilig is, is nooddienste in die gebou toegelaat. ‘n Verdagte is tydens die skietery noodlottig gewond. Polisiebeamptes en burgerlike personeel is tydens die voorval beseer. Ongeveer ses van die personeel is op die toneel behandel. Een persoon is met beserings na ‘n hospitaal vervoer.

Jamieson sê die polisiekantoor was afgekordon en alle rolspelers was teenwoordig om die insident te ondersoek.

Die volgende foto’s is deur die polisie beskikbaar gestel:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief