Verdagte druk per ongeluk paniekknoppie tydens huisroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Verdagte is Woensdag, omstreeks 17:00, in Mount Pleasant na ‘n beweerde huisroof doodgeskiet, terwyl nog drie in hegtenis geneem is. Een van die verdagtes het per ongeluk die alarm geaktiveer.

Kapt. André Beetge sê na bewering het drie verdagtes onder die voorwendsel om ‘n sonpaneel-battery te koop na ‘n huis in Phyllisstraat. Die huiseienaar is glo met ‘n vuurwapen gedreig en in ‘n slaapkamer met skoenveters vasgebind. Die huis is geplunder. Dit is toe een van die verdagtes glo per ongeluk die paniek-alarm aktiveer het wat hulle moes vlug.

Die polisie en ‘n veiligheidsvoertuig het op die alarm reageer. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem terwyl twee met die polisie op hul hakke die hasepad gekies het. In ‘n stadium het ‘n verdagte glo ‘n vuurwapen op ‘n polisielid gerig en hy is doodgeskiet. ‘n Replika van ‘n 9 mm-pistool is in sy besit gevind. Items wat op die misdaadtoneel gesteel is, is ook by die verdagte gevind.

Die ander verdagte wat glo in ‘n erf in Athlonestraat geskuil het, is deur die honde-eenheid in hegtenis geneem. Twee vuurwapens is glo in sy besit gevind, waarvan een tydens die huisroof gesteel is. Die ander vuurwapen se reeksnommer was verwyder. Die vuurwapen sal vir forensiese en ballistiese toetse gestuur word.

Die polisie ondersoek sake van huisroof en die rig van ‘n vuurwapen. ‘n Geregtelike doodsondersoek is ook geopen. Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie. Die ander twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 31 jaar, bly in aanhouding totdat hulle in die hof verskyn.

Beetge sê meer klagtes kan moontlik bygevoeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief