Verdagte en slagoffer in skietery by gastehuis beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Sekuriteitsbeampte en ‘n huurder in ‘n gastehuis in Musina is Maandagaand omstreeks 21:15 in ‘n skietery tydens ‘n beweerde sakeroof beseer.

Brig. Hlulani Mashaba sê die sekuriteitswag was na bewering aan diens toe drie verdagtes in ‘n wit Toyota Corolla hom genader het onder die voorwendsel dat hulle gaste is wat akkommodasie soek. Hy is glo met vuurwapens gedreig en van sy selfoon beroof.

Een van die booswigte het glo die beampte in die oog gehou, terwyl die ander twee na die kamers toe is. Die sekuriteitsbeampte kon daarin slaag om die paniekknoppie te aktiveer, waarna nog sekuriteitsbeamptes reageer het.

‘n Skietery het tussen die beamptes en verdagtes uitgebreek, waarna ‘n verdagte van die tweede verdieping van die gebou gespring en kritek beseer is. Die ander twee het met die wegkommotor gevlug.

Die SAPD is van die skietvoorval ingelig en het saam met nooddienste op die toneel aangekom. Daar is gevind ‘n huurder (39) in die gastehuis het ‘n skietwond in sy onderlyf opgedoen. Hy is na ‘n hospitaal geneem.

Die verdagte wat beseer is, is in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem.

‘n Sakeroof word deur die polisie ondersoek. Enigiemand met inligting van die voorval kan sers. Rudzani Ramuwani by 076 476 7520 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief